Carisbrook

From Wikipedia, the free encyclopedia

Carisbrook
Remove ads

Carisbrook was 'n sportstadion in Dunedin, Nieu-Seeland. Dit was die stad se plaaslike en internasionale rugbystadion, maar is ook al gebruik vir ander sportsoorte soos krieket, sokker, Rugby League en motocross.[2] Carisbrook was het ook al 'n konsert van Joe Cocker aangebied asook voorwedstrydkonserte in die 1990's. In 2011 het Carisbrook sy deure gesluit om plek te maak vir die Forsyth Barrstadion by die Universiteitsplaza in Noord-Dunedin.

Thumb
'n Krieketwedstryd tussen die plaaslike Otagospan en die besoekende Australië op Carisbrook in 1910
Kitsfeite Bynaam, Ligging ...

Die stadion het sedert die 1990's dag- en aandwedstryde aangebied. Dit staan plaaslik bekend as Die Brook en wêreldwyd soms as die House of Pain weens die feit dat rugbytoerspanne gesukkel het om oorwinnings te behaal in die stadion. Carisbrook is tydens die Rugbywêreldbeker 1987 en die Krieketwêreldbeker 1992 ingespan.

Die stadion is geleë in die Caversham-voorstad aan die voet van die Glen, 'n steil vallei, en lê tussen die Suid-Eiland hoofspoorlyn en Hillside Ingenieurswerke. Die stadsentrum is ongeveer 3 kilometer noordoos van die stadion en die Staatsnelweg 1 loop naby die noordelike grens van die stadion verby.

Carisbrook is genoem na die landgoed van 'n vroeë koloniale setlaar, James Macandrew (die landgoed is vernoem na 'n kasteel in die Eiland Wight). Die stadion is ontwikkel gedurende die 1870's en is die eerste keer gebruik vir 'n internasionale krieketwedstryd in 1883 toe Otago teen 'n span van Tasmanië gespeel het. Vanaf 1908 is internasionale rugbywedstryde op die stadion gespeel en vanaf 1955 is krieket op 'n meer gereelde basis gespeel.

Die stadion was die tuisveld van die Highlanders in die Super 14 en Otago in die Air New Zealand-beker wat na Forsyth Barr-stadion verhuis het. Dit was vroeër ook die tuisveld van Otagokrieket (wat na die Universiteitsovaal te Loganpark verhuis het in die vroeë 2000's) en die Otago sokkerspan in die Nieu-Seelandse Sokkerkampioenskap (wat in die 2008-'09-seisoen na Sunnyvalepark verhuis het).

Remove ads

Wedstryde

Rugbywêreldbeker 1987

Meer inligting Datum, Span 1 ...

Krieketwêreldbeker 1992

Groepfase
12 Maart 1992

Telkaart
Vlag van Indië Indië
230/6 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
231/6 (47.1 boulbeurte)
Sachin Tendulkar 84 (107)
Chris Harris 3/55 (9 boulbeurte)
Mark Greatbatch 73 (77)
Manoj Prabhakar 3/46 (10 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 4 paaltjies
Carisbrook, Dunedin
Skeidsregters: Peter McConnell (Aus) en Ian Robinson (Zim)
Speler van die wedstryd: Mark Greatbatch (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads