Cecil Moss
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Cecil Moss (12 Februarie 1925, Riversdal – 27 Oktober 2017, Nuweland) was 'n Springbokrugbyspeler, -afrigter en dokter. Hy was saam met dr. Joseph Ozinsky verantwoordelik vir die narkose tydens die eerste menslike hartoorplanting wat dr. Chris Barnard op 3 Desember 1967 gedoen het.[1]
Hy het in 1949 in vier toetse vir Suid-Afrika teen die All Blacks gespeel; 'n tuisreeks wat die Springbokke met 4–0 gewen het. Hy was ook die Springbokafrigter van 1982 tot 1989. Hy spog met tien oorwinnings en slegs twee nederlae.[2] Ná die afsterwe van Piet Malan op 5 Julie 2015 was hy die oudste lewende Springbok en ná sy afsterwe het dié eer Des van Jaarsveldt toegeval.
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads