Chromosoom 2

From Wikipedia, the free encyclopedia

Chromosoom 2
Remove ads

Chromosoom 2 is een van die 23 paar chromosome in mense. Mense het gewoonlik twee kopieë daarvan. Dit is die tweede grootste menslike chromosoom: Dit bevat meer as 242 miljoen basispare[1] (die boumateriaal van DNS) en maak amper 8% uit van die totale DNS in menslike selle.

Thumb
’n Chromosoom 2-paar in ’n man se kariogram.
Thumb
Die samesmelting van ons voorouers se chromosome het oorblyfsels van telomere agtergelaat, asook ’n onderdrukte sentromeer.
Remove ads

Evolusie

Al die lede van Hominidae behalwe mense, Neanderdallers en Denisova-hominiene het 24 paar chromosome.[2] Mense het net 23 paar. Die menslike chromosoom 2 is die gevolg van ’n samesmelting van die punte van twee van ons voorouers se chromosome.[3][4]

Die getuienis hiervoor sluit in:

  • Die ooreenkoms van chromosoom 2 met twee aapchromosome. Die mens se naaste verwant, die sjimpansee, se DNS-volgorde is feitlik identies aan dié van die mens se chromosoom 2, maar word in twee aparte chromosome aangetref. Dieselfde is waar by die verder verwante gorilla en orangoetang.[5][6]
  • Die teenwoordigheid van ’n onderdrukte sentromeer. ’n Chromosoom het gewoonlik net een sentromeer, maar in chromosoom 2 is daar oorblyfsels van ’n tweede sentromeer in die q21.3–q22.1-streek.[7]
  • Die teenwoordigheid van onderdrukte telomere. Hulle word gewoonlik net aan die eindpunte van ’n chromosoom aangetref, maar in chromosoom 2 is daar bykomende telomere in die q13-band, ver van een van die chromosome se eindpunte.[8]

Volgens die navorser J.W. IJdo kan afgelei word chromosoom 2 is die oorblyfsel van ’n antieke samesmelting tussen telomere en dui dit die punt aan toe twee vooroueraap-chromosome saamgesmelt en die menslike chromosoom 2 gevorm het.[8]

Verskeie siektes, soos outisme en pulmonêre hipertensie, word met gene op chromosoom 2 verbind.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads