Clive Rice

From Wikipedia, the free encyclopedia

Clive Rice
Remove ads

Clive Rice (*23 Julie 1949, Johannesburg, Transvaal – †28 Julie 2015, Kaapstad) was ’n Suid-Afrikaanse krieketspeler en voormalige kaptein van die nasionale span. Hy was ’n veelsydige speler en het sy eersterangse krieketloopbaan afgesluit met ’n kolfgemiddeld van 40,95 en ’n boulgemiddeld van 22,49. Hy was van 1979 tot 1987 kaptein van Nottinghamshire se krieketspan.

Kitsfeite Volle naam, Gebore ...

Sy loopbaan het parallel met Suid-Afrika se isolasie in internasionale sport saamgehang en sy internasionale ervaring is beperk tot die dae toe hy reeds verby sy beste was. Hy het in drie internasionale eendagwedstryde vir die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan gespeel na Suid-Afrika se terugkeer na internasionale sport. Hy is nie vir die eenmalige toets teen die Wes-Indiese Eilande en die 1992 Wêreldbeker gekies nie.

Rice is op 28 Julie 2015 oorlede nadat hy aan ’n kwaadaardige breingewas gely het.[1]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads