Colin Powell

Amerikaanse generaal en staatsman (1937-2021) From Wikipedia, the free encyclopedia

Colin Powell
Remove ads

Colin Luther Powell (5 April 193718 Oktober 2021) was 'n Amerikaanse oud-militaris wat van 1989 tot 1993 onder presidente George H.W. Bush en Bill Clinton as voorsitter van die gesamentlike stafhoofde gedien het. Hy het voorheen van 1987 tot 1989 as nasionale veiligheidsadviseur van president Ronald Reagan gedien. Van 2001 tot 2005 het hy as die Republikeinse Minister van Buitelandse Sake gedien onder president George W. Bush. Hy was die eerste Afro-Amerikaner wat hierdie posisie beklee het.

Kitsfeite President, Voorafgegaan deur ...
Remove ads

Militêre loopbaan

Thumb
Generaal Colin Powell in 1989

Colin Powell het in 1958 by die Amerikaanse Leër aangesluit, en het in Wes-Duitsland (1959-1962) en Viëtnam (1962-1963 en 1968-1970) diens gedoen. Hy het toe op die Withuis militêre personeel gedien vanaf 1972-1973, waarna hy na Korea verplaas is, waar hy 'n bataljonbevelvoerder was. Na 'n pos as 'n brigadebevelvoerder by die 101st Airborne Division, het Powell militêre assistent van Caspar Weinberger, minister van verdediging, van 1983 tot 1986 geword. In hierdie rol was hy nou betrokke by die inval van Grenada op 25 Oktober 1983.

Na minder as 'n jaar as bevelvoerder van die Amerikaanse weermagkorps in Wes-Duitsland, word Powell van 1987 tot 1989 die nasionale veiligheidsadviseur van president Ronald Reagan. Na agt maande as bevelvoerder van Forces Command, word hy op 1 Oktober 1989 aangestel in die hoogste militêre posisie in die Amerikaanse weermag: Voorsitter van die Gesamentlike Stafhoofde. In hierdie rol het hy 'n groot rol gespeel in Operasie Just Cause (die gevangename van die Panamese diktator Manuel Noriega) en die Golfoorlog (1990-1991). Hy het aangedring op die mobilisering van 'n oorweldigende mag voordat Saddam Hoesein uit Koeweit verdryf is. Hy het op 30 September 1993 afgetree voordat hy die politiek betree het.

Remove ads

Politieke loopbaan

In 1996 is hy deur die Republikeine gevra om homself as president verkiesbaar te stel, maar hy het geweier.

Van 2001 tot 2005 is Powell as minister van buitelandse sake aangestel tydens president George W. Bush se eerste termyn. Condoleezza Rice, destyds nasionale veiligheidsadviseur, het hom opgevolg. Op 5 Februarie 2003 het Staatsekretaris Powell sy beroemde toespraak aan die Verenigde Nasies gelewer om die komende oorlog met Irak te verdedig deur bewyse aan te bied dat Irakse president Saddam Hoesein massavernietigingswapens gehad het. Dié getuienis het later as vals geblyk te wees en in 'n onderhoud ná sy bedanking het Powell daardie deel "die grootste misstap van sy lewe" genoem. [1]

Powell het op 19 Oktober 2008 op die televisieprogram "Meet the Press" berig dat hy die Demokratiese presidentskandidaat Barack Obama ondersteun. Powell het gesê hy het ’n gebrek aan vertroue in die Republikeinse presidentskandidaat John McCain, wat volgens hom aan die radikale vleuel van die Republikeinse Party toegegee het deur Sarah Palin as medekandidaat te kies. Powell het voortgaan om sy steun vir Demokratiese kandidate in die volgende drie presidensiële verkiesings uit te spreek.

Toe hy weer spesifiek na sy uittrede gevra is of daar enige bande tussen Saddam Hussein en Al-Kaïda is, het Powell geantwoord: "Ek het nog nooit enige bewyse van bande tussen Saddam Hoesein en Al-Kaïda gesien nie. ...Ek kan niks anders aflei nie, want ek het nog nooit enige bewyse gesien wat daarop dui dat daar bande was nie."

Uitlatings oor die Trump-administrasie

'n Maand voor die 2018-middeltermynverkiesing het Powell, saam met sy voorganger Madeleine Albright, 'n onderhoud gevoer met die CNN-aanbieder Fareed Zakaria op die GPS-program. In 'n gematigde toon het hy sy spyt uitgespreek dat onder twee jaar van Trump-administrasie baie van die waardes en eienskappe wat hom trots gemaak het om sy land te dien, dreig om te verkrummel. Hy wys na die eerste drie woorde van die Grondwet, wat “We the People” is, nie “Me the President” nie. As 'n voormalige diplomaat is dit moeilik vir hom om te glo dat die Amerikaanse president sy Afro-Amerikaanse landgenote beledig, dat hy vroue beledig, dat hy die vrye pers die "vyand van die mense" noem, dat hy sy tradisionele bondgenote beledig en uitlok, 'n "Koue Oorlog" met die wêreldmag China, en dat hy aanhou om Russiese president Poetin te vlei.[2]

Remove ads

Privaatlewe

Thumb
Oud-genl. Powell se kis word deur Gewapende Magte- draers gedra tydens sy begrafnis op 5 November 2021.

Powell het in New York se South Bronx grootgeword in 'n familie van Jamaikaanse migrante. Powell was sedert 1962 met Alma Johnson getroud en het 'n seun en twee dogters uit die huwelik gehad.

Powell is op 18 Oktober 2021 in die Walter Reed Nasionale Militêre Mediese Sentrum op die ouderdom van 84 aan die gevolge van COVID-19 oorlede.[3] Hy was ten volle teen die virus ingeënt, maar die voormalige minister het aan bloedkanker gely, wat sy immuunstelsel afgetakel het.[4]

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads