Bosvaderlandswilg

From Wikipedia, the free encyclopedia

Bosvaderlandswilg
Remove ads

Die Bosvaderlandswilg (Combretum kraussii) is 'n middelgroot tot groot boom[1] van oostelike Suid-Afrika, Eswatini en suidelike Mosambiek, wat binne of in die omgewing van woude aangetref word.[2] Die spesienaam roep Dr. F. Krauss in herinnering wat van 1838 tot 1840 'n versameltoer na Suid-Afrika onderneem het.[1]

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Die plant se FSA-nommer is 540. [3] In Engels staan die boom bekend as forest bushwillow.[2]

Remove ads

Kenmerke

Die bome is half-bladwisselend, aangesien lenteblare die ou loof net deels vervang. Hierdie woudbome word in die laatlente opvallend, wanneer hul vars blare verkleur na 'n bleek, byna wit kleur, voor dit teen midsomer na groen terugverkleur.[4] In die winter word die lower deels rooi of pers, wat net voor die blomtyd gewissel word.[5] Die vars trosse viervlerkige vrugte het aanvanklik 'n kleurryke rooi tot geelrooi kleur, voor dit verdroog na midbruin.[4]

Remove ads

Verwantskappe

Die spesie is naverwant aan Combretum nelsonii[2][5] wat in meer rotsagtige habitat voorkom, en toon 'n ooreenkoms met Combretum woodii, 'n plant met groter blare en soortgelyke verspreiding, alhoewel in bosveld.[2]

Galery

Sien ook

Verwysings

Loading content...
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads