Cornelia Swart
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Cornelia Wilhelmina Swart (plaas Kanneboskroon, distrik Winburg, Oranje-Vrystaat, 22 Desember 1903 – Bloemfontein, 24 Maart 1986) was Suid-Afrika se eerste staatspresidentsvrou.

Cornelia Swart was ’n dogter van D. de Klerk. Sy het haar skoolopleiding aan die Oranje Meisieskool, Bloemfontein en Rosenhof op Stellenbosch ontvang. Sy is op 2 Desember 1924 met C.R. Swart getroud. Een seun en een dogter is uit hul huwelik gebore. Haar liefhebbery was boerdery.
Remove ads
Bronne
- (af) (en) Kruger, dr. D.F. 1963. Wie is wie in Suid-Afrika. Johannesburg: Vitae Uitgewers.
- (af) Van Schoor, A.M. (red.) 1973. Die Nasionale boek, gewy aan 25 jaar van Nasionale bewind (1948–1973). Johannesburg: Edupress (Edms.) Bpk.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads