Count Basie

Amerikaanse jazzmusikant en komponis (1904–1984) From Wikipedia, the free encyclopedia

Count Basie
Remove ads

William James (Count) Basie (1904–1984) was 'n Amerikaanse jazzmusikant en -pianis. Hy was die leier van een van die bekendste swing-groepe (jazzmusiek van die 1930’s en 1940’s) van sy tyd.[1] Sy grootste treffers is One O'Clock Jump, April In Paris en Jumpin' at the Woodside.

Kitsfeite Agtergrondinligting, Geboortenaam ...
Remove ads

Beknopte biografie

William James Basie is op 21 Augustus 1904 in Red Bank, New Jersey in die V.S.A. gebore. Hy was 'n vroeë skoolverlater, maar sy ma het hom geleer om die klavier te speel en hy begin al in sy tienerjare met optredes. Op 16 speel begin hy toenemend jazzmusiek op partytjies, by oorde en ander geleenthede te speel. In 1924 vertrek hy na Harlem, 'n buurt in New York Stad, waar hy saam met groepe na Amerika se jazz-stede (Chicago, St. Louis en Kansas City) toer. In 1929 sluit hy by Bennie Moten se orkes in Kansas City aan, en speel saam met hulle tot Moten se dood in 1935.

In 1935 stig Basie sy eie jazz-orkes, genaamd die Count Basie Orchestra, en in 1936 vertrek hulle na Chicago vir optredes en hul eerste opname. Hulle treffer, One O'Clock Jump, het die groep nasionaal bekend gemaak. Teen het einde van 1936 trek hulle na New York, waar Basie die groep vir byna 50 jaar gelei het.

Basie is op 26 April 1984 in die ouderdom van 79 in Hollywood, Florida, oorlede.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads