Boomvaring
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Cyatheaceae is 'n familie van bome in die orde Cyatheales. Daar is 1 000 spesies wat wêreldwyd tot die familie hoort waarvan vier in Suider-Afrika voorkom en al vier is bome. Plante in die familie is opvallend en word maklik herken aan 'n enkele, regop stam en 'n stywe rosetkroon van baie groot boogvormige blare met 'n sagte voorkoms. Alle boomvarings kom in hoëreënvalgebiede voor. Alhoewel die bome se wortels nie diep is nie, word hulle nie maklik verplant nie.
Remove ads
Spesies
- Bosboomvaring Cyathea capensis
- Grasveldboomvaring Cyathea dregei
- Stekelboomvaring Cyathea manniana
- Thomsonse-boomvaring Cyathea thomsonii
Fotogalery
- Bosboomvaring
- Grasveldboomvaring
Sien ook
Bronne
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
