Cyclops

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Cyclops (Engels vir "sikloop"), oftewel Scott Summers, is 'n fiktiewe karakter in Marvel Comics se strokiesverhale. Hy is 'n superheld en stigterslid van die X-Men wat deur die skrywer Stan Lee en kunstenaar Jack Kirby geskep is.

Kitsfeite Skepping, Eerste verskyning ...

Sy eerste verskyning was in September 1963 in The X-Men.

Cyclops is lid van 'n menslike subspesie bekend as "mutante", wat met bomenslike superkragte gebore is. Hy straal kragtige strale energie uit sy oë en beheer dit met 'n spesiale bril wat hy te alle tye moet dra. Hy word algemeen as die eerste van die X-Men beskou.[1] Hulle is 'n span mutanthelde wat vir vrede en gelykheid tussen mutante en mense veg.[2][3]

Cyclops word gewoonlik uitgebeeld as 'n argetipiese held van die tradisionele Amerikaanse kultuur (pleks van die rowwe soort antiheld wat ná die Viëtnamoorlog ontstaan het soos Wolverine, sy spanmaat in die X-Men.[4]

James Marsden het Cyclops aanvanklik in 20th Century Fox se X-Men-rolprente uitgebeeld. Ook Tye Sheridan het al dié rol vertolk.

Remove ads

Verwysings

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads