Dale Carnegie

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Dale Carnegie (1888–1955) was 'n Amerikaanse skrywer, lektor en sakeman. Hy het talle kursusse vir self-verbetering, verkooptegnieke, kollektiewe opleiding, openbare redevoering en interpersoonlike vaardighede ontwikkel. Sy topverkoperboek, How to Win Friends and Influence People (1936), handel oor doeltreffende kommunikasie en metodes om sukses in die sakewêreld te behaal.[1] Naas die biografie van Abraham Lincoln, getiteld Lincoln the Unknown, het hy talle ander boeke gelewer.

Kitsfeite Gebore, Sterf ...

Een van die kernidees in sy boeke is dat dit moontlik is om ander mense se gedrag te verander deur jou gedrag teenoor hulle te verander.

Remove ads

Lewensloop

Dale Harbison Carnagey is op 24 November 1888 in Maryville, Missouri gebore. Hy was die tweede seun van James William en Amanda Elizabeth Carnagey en het arm grootgeword. Hy moes soggens om 4 uur opstaan om die koeie te melk, maar het nie sy studies afgeskeep nie.

Ná universiteit verkoop hy korrespondensiekursusse aan boere. Daarna verkoop hy spek, seep en varkvet vir Armour&Company. Hy was 'n uiters suksesvolle verkoopsman gewees en die verkope in sy gebied het die hoogte ingeskiet.[2]

Om homself te bemark het hy sy van (agternaam) van Carnagey na Carnegie verander, omdat Andrew Carnegie destyds 'n wyd gerespekteerde en erkende naam was.

Carnegie se eerste huwelik loop in 1931 op 'n egskeiding uit. Op 5 November 1944 trou hy met Dorothy Price Vanderpool, wat ook 'n egskeiding agter die rug gehad het. Hy het twee dogters gehad, Rosemary uit sy eerste huwelik, en Donna Dale uit sy tweede.

Hy sterf op 1 November 1955 aan Hodgkin se limfoom en is in Belton in Missouri begrawe.[3]

Remove ads

Bibliografie

Van sy Engelse boeke:

  • Public Speaking and Influencing Men in Business, 1931
  • How to Win Friends and Influence People, 1936
  • How to Stop Worrying and Start Living, 1948
  • The Quick and Easy Way to Effective Speaking, 1962 (met Dorothy Carnegie (ed.))
  • Lincoln the Unknown, 1932

In Afrikaans vertaal:

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads