Daniel Defoe

Engelse handelaar, skrywer en joernalis (1660–1731) From Wikipedia, the free encyclopedia

Daniel Defoe
Remove ads

Daniel Defoe ([dænjəl_dɨˈfoʊ]; * circa 1660 as Daniel Foe; † 24 April 1731 in Londen) was 'n Engelse handelaar, skrywer, joernalis en pamfletskrywer wat met sy roman Robinson Crusoe oor 'n skipbreukeling internasionale bekendheid verwerf het.

Thumb

Daniel Defoe

Engelse skrywer, joernalis en sakeman


Literêre stroming

Avontuurroman


Beduidende werke

Thumb
Robinson Crusoe (1719)

Moll Flanders (1722)

Saam met ander skrywers soos Samuel Richardson word Defoe as die grondlegger van die moderne Engelse roman beskou, 'n literêre genre wat danksy sy bydrae by lesers gewild geraak het. Defoe was entoesiasties oor die Britse kolonisasie van die Nuwe Wêreld - meer as die helfte van sy romans speel in Amerika af, terwyl kolonisasie ook 'n belangrike onderwerp in sy ekonomiese en joernalistieke werke is.[1] Hy was 'n vrugbare en veelsydige skrywer wat meer as 500 boeke, pamflette en joernale oor 'n groot verskeidenheid onderwerpe geskryf het (waaronder politiek, misdaad, godsdiens, huwelik, sielkunde en die bonatuurlike). Hy was daarnaas 'n baanbreker op die gebied van sake- en ekonomiese joernalisme.[2]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads