Dawid Kruiper

Suid-Afrikaanse politikus en akteur From Wikipedia, the free encyclopedia

Dawid Kruiper
Remove ads

Dawid Kruiper (1 September[1] 193513 Junie 2012) was 'n tradisionele leier van die Khomani San in die Kalahari.

Thumb
Dawid Kruiper in September 2011.

Kruiper is bekend vir sy rol in The Gods Must Be Crazy II, en het in 1994 met die Verenigde Nasies ontmoet oor die regte van inheemse mense, en het bygedra tot die suksesvolle hervorming en restourasie van 40 000 hektaar grond aan die San in Suid-Afrika in 1999.[2]

Hy het ook in 2004 van die Kalahari tot in Kaapstad geryloop om met president Thabo Mbeki te praat, en was betrokke by die ontwikkeling en restourasie van die inheemse San-tale.

Kruiper is in die Kalahari Nasionale Park (vandag die Kgalagadi-vredespark) gebore.[3] Hy was uitgesproke oor die beweerde diefstal van tradisionele kennis deur westerse farmaseutiese firmas.

Kruiper het op 13 Junie 2012 in 'n hospitaal in Upington gesterf.[2] Die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit in die Noord-Kaap is na hom vernoem in 2016.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakel s

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads