Debian

gratis Unix-agtige bedryfstelsel From Wikipedia, the free encyclopedia

Debian
Remove ads

Debian[2] is 'n Linux-verspreiding wat sedert die eerste weergawe in 1993 streng by die ideale van die Vrye Sagteware-beweging gehou het. Debian is ook veral bekend vir sy APT (Advanced Packaging Tool) pakketbestuurstelsel, wat hoog aangeskrewe is as 'n manier om sagteware moeiteloos te installeer, op te dateer of te verwyder. Debian is ook bekend vir die groot hoeveelheid sagteware wat in sy pakketstoor en distrubusiemedia beskikbaar is.

Kitsfeite

Die Debian stabiele stelsel is die gewildste uitgawe vir persoonlike rekenaars en netwerke, en word as basis gebruik vir baie ander verspreidings.

Die Debian projek is deur Ian Murdock begin op 16 Augustus 1993. Debian 0.01 is op 15 September 1993 vrygestel[3] en die eerste stabiele weergawe, 1.1, op 17 Junie 1996.[4]

Heelwat ander Linux-verspreidings, soos Ubuntu Linux, is op Debian gebaseer en maak gebruik van Debian-pakkette.

Stabiele weergawes van Debian word ongeveer elke 2 jaar vrygestel. Dit ontvang amptelike ondersteuning vir ongeveer 3 jaar, met opdaterings.[5] Debian het ook sy langtermynondersteuningprojek sedert Debian 6 (Debian Squeeze) begin. Vir elke Debian-uitgawe ontvang dit twee jaar se ekstra sekuriteitsopdaterings. Elke Debian-uitgawe ontvang 5 jaar se sekuriteitsondersteuning.[6]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads