Dene

From Wikipedia, the free encyclopedia

Dene
Remove ads

Die Dene (Deens: danskere) is 'n Germaanse nasie en etniese groep inheems aan Denemarke wat 'n gemeenskaplike Deense afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Deens as moedertaal praat. Alternatiewelik is Dene diegene wat in Denemarke woon of in Denemarke gebore is. Omdat die Faroëreilande en Groenland tot die Koninkryk van Denemarke behoort, is ook Faroërs en Groenlanders (Groenlandse Inuïete) Deense staatsburgers.

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Deens.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Thumb
Die legendariese Holger Danske word beskou as nasionale personifikasie van Denemarke en die Dene

Dene vorm die titulêre nasie van Denemarke, waar hulle byna 90% van dié land se bevolking uitmaak en nog klein erkende minderhede soos Duitsers leef. Behalwe vir Denemarke kom Deense minderhede ook in Europese lande soos Duitsland (Sleeswyk-Holstein), Noorweë en Swede voor. In Duitsland is die Dene 'n erkende minderheid soos Friese, Roma en Sorbe en omvat sowat 50 000 mense, veral in Suid-Sleeswyk.

Wêreldwyd leef sowat 5,6 miljoen Dene, waarvan omtrent 5 miljoen in Denemarke en 1,3 miljoen in die Verenigde State. Daarbenewens het Dene hul ook in lande soos Australië (50 413), Brasilië (140 000) en Kanada (200 035) gevestig.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads