Dirkie

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Dirkie is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1969 deur Mimosa Films vervaardig en uitgereik is. Jamie Uys was die regisseur en sy seun, Wynand Uys, het die naamrol vertolk onder die naam Dirkie Hayes. Dit is in Engels bekend as Lost in the Desert en het in 1972 ’n prys op die Teheranse Filmfees gewen.

Kitsfeite Regisseur, Produksieleier ...
Remove ads

Genre

Dirkie is ’n avontuurprent.

Akteurs

Van die akteurs wat in die fliek gespeel het sluit in:

Storielyn

Die verhaal speel in die Kalahari-woestyn af en gaan oor ’n agtjarige seun en sy hond wat ná ’n vliegtuigongeluk alleen in die woestyn agterbly. Die seun trotseer allerhande ontberings terwyl ’n groot soektog na hom van stapel gestuur word.

Ander tale

Dirkie is ook in Engels gemaak onder die naam Lost in the Desert. Dit word ook soms Dirkie Lost in the Desert of Adventure in the Red Desert genoem. ’n Baie gewilde weergawe is in 1972 gemaak in Telugu, ’n Suid-Indiese taal, met die naam Papam Pasivadu.[1] ’n Paar veranderings is aan die storielyn aangebring ter wille van die plaaslike gehoor.

Sien ook

Eksterne skakel

Jamie Uys by Mimosa Films Geargiveer 26 Desember 2014 op Wayback Machine

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads