Donald II

From Wikipedia, the free encyclopedia

Donald II
Remove ads

Domnall mac Causantín (Skots-Gaelies: Dòmhnall mac Chòiseim; omstreeks 860-900), bekend as Donald II, was in die laat 9de eeu koning van Alba. Hy was die seun van Konstantyn I en het die bynaam Dásachtach, "die Waansinnige ", gehad.[1]

Kitsfeite Dinastie, Bewind ...
Remove ads

Lewe

Donald het die troon bestyg ná die dood of afsetting van Giric; die datum is nie heeltemal seker nie, maar dit was omstreeks 889. Volgens die Kronieke van die Koning van Alba was hy 11 jaar lank koning, van 889 tot 900. Die Nordiërs het Piktland in dié tyd verwoes. Tydens sy bewind het ’n veldslag plaasgevind tussen Dene en Skotte by Innisibsolian, wat die Skotte gewen het. Donald is by Opidum Fother (die moderne Dunnottar) gedood.[2]

Sommige glo hy is deur Gaele vermoor, eerder as Nordiërs, terwyl ander berig hy is by Forres dood.[3] Hy is op die eiland Iona, Binne-Hebride, begrawe.

Die Kronieke van die Konings van Alba plaas Donald net voor sy neef Konstantyn II. Sy seun, Malcolm, het later die troon bestyg as Malcolm I.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads