Doug Howlett

From Wikipedia, the free encyclopedia

Doug Howlett
Remove ads

Douglas Charles Howlett (gebore 21 September 1978) is 'n voormalige Nieu-Seelandse professionele rugbyspeler. Hy het hoofsaaklik as 'n vleuel gespeel, maar soms ook as 'n heelagter.

Kitsfeite Volle naam, Geboortedatum ...

Hy het vir Auckland, Highlanders, Hurricanes en Blues in Superrugby gespeel. Hy het sy loopbaan by Munster in Ierland voltooi.[1]

Met 49 drieë in 62 toetse is Howlett tans die sewende hoogste driedrukker in die rugbygeskiedenis en die topdriedrukker vir Nieu-Seeland.[2][3] Hy het onder meer tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2003 en 2007 vir Nieu-Seeland uitgedraf.

Remove ads

Vroeë lewe

Howlett, gebore in Auckland, Nieu-Seeland, het May Road School en Mt Roskill Intermediate School bygewoon. Hy is van Tongaanse afkoms, met wortels in die klein kusdorpie Kolonga. Hy het begin rugby speel by Auckland Grammar School, waar hy ook 'n ster naelloper, kaptein van die atletiekspan en, tydens sy laaste jaar in 1996, hoofseun was. Hy het met groot effek van sy spoed as naelloper (hy het eenkeer 'n persoonlike beste van 10.94 sekondes vir die 100 meter in 'n onder 20 atletiekkampioenskap in 1998 behaal) in sy rugbyloopbaan gebruik gemaak.[4][5][6][7]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads