Edwill van Aarde

Suid-Afrikaanse televisie-aanbieder, radio-omroeper en sportkommentator From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Edwill van Aarde (20 Desember 19383 Januarie 2024) was 'n televisie-, radio-omroeper en sportkommentator in Suid-Afrika. Hy was die aanbieder en kommentator met die langste ononderbroke diens by enige uitsaaier in Suid-Afrika, 50 jaar (in 2011).[1]

Persoonlike lewe

Van Aarde is op 20 Desember 1938 in Kimberley, Suid-Afrika gebore.[2] Hy het in Boetsap grootgeword.[3] Hy het skoolgegaan by die Laerskool Vaalharts en die Hoërskool Diamantveld,[2] waar hy in 1957 gematrikuleer het. Hy was getroud met Piena Margeretha Forbes Ochse.

Sportkommentaar

Hy het 517 krieketwedstryde, 134 rugbywedstryde, 12 Comrades-maratons en 5 Wimbledon-manstenniseindstryde uitgesaai.[2][4]

Radio

Hy het die radioprogram "Afrikaanse treffers" aangebied. Hierdie program het 40 jaar oud geword in 2015.[5][6]

Televisie

Van Aarde was die aanbieder van Flinkdink, 'n algemenekennis- vasvraprogram. Hy was later ook die organiseerder en navorser van die program.[7]

Aanval

Hy is op 29 Maart 2010 in sy huis in Krugersdorp deur 'n boosdoener aangeval en fisies aangerand. Hy het die aanval oorleef.[8]

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads