Elea

antieke stad in die suide van Italië From Wikipedia, the free encyclopedia

Elea
Remove ads

Elea, Antieke Grieks: Ἐλέα, deur die Romeine Velia genoem, was 'n antieke Griekse stad in Italië. Elea was in Lucania, in die suide van Italië naby die Middellandse See. Dit is omstreeks 540 vC gestig en is 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied.

Thumb
Uitgrawingsgebied van Velia (Elea) naby Ascea in Kampanië, Italië.

Elea is veral bekend daarvoor dat dit die tuiste is van 'n aantal Griekse filosowe, wat Eleates genoem is en die Skool van Elea gestig het. Hierdie skool het Parmenides en Zenon van Elea ingesluit. Xenophanes word ook soms as deel van die skool gereken.

Remove ads

Geskiedenis

Elea is gestig deur Grieke van Phocaea, wat gevlug het vir die Persiese inval van Ionië. Saam met 'n aantal ander dorpe in Suid-Italië, insluitend Paestum, het Elea Magna Graecia gevorm, wie se geskiedenis terugdateer na die 8ste eeu vC. Elea het vir 'n baie lang tyd onafhanklik gebly.

Elea is nie deur die Lucaniërs verower nie, maar het uiteindelik in 273 vC by Rome aangesluit en is by antieke Lucania ingesluit. Volgens Boek 6 van Vergilius se Aeneïs is Velia die plek waar die liggaam van Palinurus aan wal gespoel het.[1] Dit is omstreeks 90 vC 'n municipium van Rome.

Elea, wat in die Middeleeue verlate words, het nou uitgebreide ruïnes in die Cilento, Vallo di Diano e Alburni Nasionale Park.[2]

Remove ads

Aardrykskunde

Elea is geleë in die huidige dorp Ascea, aan die kus van die Tirreense See suid van Salerno, in 'n berggebied suid van die Cilentana-kus. Deesdae woon die inwoners hoofsaaklik by die see en in die heuwels van Enotria, Bosco en Scifro.

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads