Embeth Davidtz
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Embeth Davidtz (gebore 11 Augustus 1965) is 'n Afrikaans- en Engelstalige aktrise. Sy is bekend vir die rol van Tessa in die P.G. du Plessis-film, Nag van die negentiende asook vir die talle Engelse rolprente waarin sy gespeel het.
Davidtz is op 11 Augustus 1965 in Lafayette, Indiana, VSA gebore, maar verhuis op 'n jong ouderdom na Suid-Afrika. Sy studeer aan die Rhodes-universiteit waar sy haar graad verwerf. As volwassene keer sy terug na die Verenigde State en begin haar loopbaan as aktrise. Haar eerste rol was by die National Theatre Company in Romeo and Juliet, waarvoor sy goeie kritiek ontvang. Daarna verhuis sy na Los Angeles, waar sy begin met kleiner rolle in NBC-films.
Sy is op 22 Junie 2002 met Jason Sloane getroud. Haar seun, Asher is op 7 Oktober 2005 gebore en haar dogter, Charlotte Emily, in 2002.
Remove ads
Vroeë lewe
Davidtz is gebore terwyl haar vader chemiese ingenieurswese aan die Purdue Universiteit studeer het. Haar ouers, John en Jean, verhuis later na Trenton, New Jersey, en dan terug na hul geboorteland Suid-Afrika toe Davidtz nege jaar oud was. Davidtz is van Nederlandse, Engelse en Franse afkoms. Sy moes Afrikaans leer voordat sy skoolklasse in Suid-Afrika kon bywoon. Haar pa het 'n doseerpos by die Potchefstroomse Universiteit beklee. Davidtz gaan skool in 1983 aan die Glen High School in Pretoria en studeer daarna aan Rhodes Universiteit in Grahamstad.
Remove ads
Debuut en vroeë loopbaan
Davidtz maak haar toneelspeldebuut op 21-jarige ouderdom saam met CAPAB (Cape Performing Arts Board, nou bekend as Artscape) in Kaapstad. Sy speel Juliet in 'n verhoogproduksie van Romeo en Juliet in die Maynardville Opelugteater. Sy speel in Engels en Afrikaans en speel ook in ander plaaslike toneelstukke, waaronder Stille Nag (Silent Night) en A Chain of Voices, waarmee sy in albei benoemings ontvang.
Sy maak haar filmdebuut in 1988 met 'n klein rol in die Suid-Afrikaans verfilmde Amerikaanse riller Mutator. Kort daarna wen sy 'n groter rol in die Suid-Afrikaanse televisieprogram A Private Life, as die dogter van 'n gemengde huwelik. In 1990 wen sy 'n DALRO-toekenning vir beste vroulike byspeler vir haar werk in die toneelstuk Houd-den-bek. Vir dieselfde toneelstuk is sy in 1991 genomineer vir die Esther Roostoekenning vir beste aktrise in 'n ondersteunende rol in Afrikaanse rolprente. Steven Spielberg het haar optrede in die 1992 Suid-Afrikaanse rolprent Nag van die Negentiende opgemerk en haar die rol van Helen Hirsch in Schindler's List aangebied.[1][2][3]
Remove ads
Filmografie
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads