Erfsonde
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Erfsonde is die Christelike leerstelling dat sonde sedert die mens se geboorte aan hom kleef weens die Sondeval van Adam en Eva.[1]

In die Hebreeuse Bybel
Die begrip erfsonde kom nie in die Bybel self voor nie, maar is volgens die Christelike leer die gevolg van die Sondeval. Dié word in Genesis 2-3 beskryf. Daarvolgens was Adam en Eva die eerste bewoners van die Paradys en het God hulle verbied om te eet van die boom van alle kennis (In die ou vertaling genoem "die boom van die kennis van goed en kwaad"). Op aanbeveling van 'n slang – wat tradisioneel deur Christene aan Satan gelykgestel word[2] – het hulle tog van die boom geëet. Hierdeur het hulle kennis van goed en kwaad verwerf en is hulle onderwerp aan sonde en die dood. Deur hierdie eerste sonde het die hele mensheid sterflik geword en 'n sondige natuur gekry. Dit word deur elke mens deur sy voorouers van Adam en Eva geërf.[3]
Die leerstelling van die erfsonde is ook gegrond op ander Bybeltekste, soos Psalm 51:7[nota 1] en Romeine 5:12-19.[nota 2]
Remove ads
Notas
Verwysings
Skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads