Eridanus (sterrebeeld)

From Wikipedia, the free encyclopedia

Eridanus (sterrebeeld)
Remove ads

Eridanus of Rivier is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is die Antieke Griekse naam van die Po-rivier in Italië. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Eridanus is die sesde grootste sterrebeeld.

Kitsfeite
Remove ads

Ruimtevoorwerpe

Thumb
’n Kunstenaarsvoorstelling van ’n planeet soortgelyk aan Jupiter wat om die naaste ster, Epsilon Eridani, wentel.

Sterre

Die helderste ster in Eridanus is Achernar (α Eri), met ’n helderheid van 1 mag. Dit is ’n eienaardige ster: dis een van die platste sterre sover bekend. Waarnemings dui aan dat sy radius by sy ewenaar sowat 50% groter is as by die pole. Die verwringing vind plaas omdat die ster baie vinnig in die rondte tol.

Nog ’n bekende ster is Epsilon Eridani, wat baie naby aan die Aarde en baie soos die son is. Daar word nou geglo dit het minstens een planeet wat waarskynlik ’n gasreus is, nes Jupiter.

Sterrestelsels

Eridanus bevat die sterrestelsels NGC 1234 en NGC 1300. Laasgenoemde is ’n spiraalvormige sterrestelsel 69 miljoen ligjare van die Aarde af. Binne-in die spiraal bestaan ’n ander spiraalvormige sterrestelsel met ’n deursnee van 3 300 ligjare.[1]

Remove ads

Superleemte

Die Eridanus-superleemte is die grootste superleemte (’n deel van die heelal waarin geen sterrestelsels voorkom nie) wat nog ontdek is. Dit het ’n deursnee van omtrent 1 miljard ligjare en kan nie verduidelik word aan die hand van huidige teorieë oor die ontstaan van die heelal nie.[2] Daar word geglo dat dit veroorsaak word deur ’n kwantumverstrengeling tussen ons heelal en ’n ander een.[3][4][5]

Remove ads

Uitbeelding

Die naam Eridanus verwys na die Po, die langste rivier in Italië. Sy verbinding met ’n rivier kom van die manier waarop sy sterre ’n kronkelpad vorm. Op sommige sterkaarte word Eridanus voorgestel as ’n rivier wat vloei uit die water wat die Waterdraer uitgooi.

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads