Europese Ruimtevaartorganisasie

From Wikipedia, the free encyclopedia

Europese Ruimtevaartorganisasie
Remove ads

Die Europese Ruimtevaartorganisasie (Engels: European Space Agency, afkorting ESA; Frans: Agence spatiale européenne, ASE; Duits: Europäische Weltraumorganisation) is ’n interregeringorganisasie wat op 30 Mei 1975 gestig is vir die verkenning van die ruimte. Dit het tans 22 lidlande. Die hoofkantoor is in Parys, Frankryk. Die ESA het ’n personeel van meer as 2 000 (wat subkontrakteurs en nasionale ruimteagentskappe uitsluit) en ’n begroting van sowat €4,28 miljard (in 2013).[1]

Thumb
Die ESA se logo.
Thumb
Die ESA se hoofkantoor in Parys, Frankryk

Die ESA se ruimtehawe is die Guyana-ruimtesentrum in Kourou, Frans-Guyana, ’n ligging wat gekies is omdat dit so na aan die ewenaar is en kommersieel belangrike wentelbane van daar af toegankliker is. In die Ariane 4-tydperk het die ESA die posisie van markleier in kommersiële ruimtelanserings ingeneem en in die afgelope paar jaar het dit homself gevestig as ’n belangrike rolspeler in ruimteverkenning.

ESA-wetenskapsendings is gebaseer in Noordwijk, Nederland, aardwaarnemingsendings in Frascati, Italië, ESA-sendingbeheer is in Darmstadt, Duitsland, en die Europese Ruimtevaardersentrum, wat ruimtevaarders vir toekomstige sendings oplei, in Keulen, Duitsland. Die amptelike tale is Engels, Frans, Duits, Italiaans, Nederlands en Spaans.[2]

Remove ads

Lidlande

Thumb
██ Lidlande ██ ECS-medewerkers ██ Ondertekenaars van die samewerking-ooreenkoms
Thumb
██ ESA-lidlande ██ ESA Geassosieerde lande ██ ECS-medewerkers ██ Ondertekenaars van die samewerking-ooreenkoms
Meer inligting Lidland, ESA-konvensie ...
Remove ads

Sien ook

  • Nasa, die Amerikaanse ruimte-agentskap.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads