Exor
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Exor N.V. is een van die voorste Italiaanse houermaatskappye, geïnkorporeer in Nederland en beheer deur die Agnelli-familie met John Elkann as voorsitter. Die onderneming se vroegste beleggings strek meer as 'n eeu terug, met 'n huidige kapitalisasie van byna VSA-$24 miljard en aandele aan onder meer Fiat Chrysler Automobiles (FCA), PartnerRe, Ferrari, CNH Industrial, Juventus en The Economist. Exor is oorspronklik deur senator Giovanni Agnelli in 1927 as Istituto Finanziario Italiano (IFI) gestig om sy belange in Fiat en verskeie ander ondernemings in 'n enkele houermaatskappy saam te vat, te beheer en te bestuur.[1]
Volgens sy verkoopvolume is die Exor-groep die grootste Italiaanse onderneming, en die 19de grootste ter wêreld, volgens die Fortune Global 500 List van 2017. Dit is daarnaas een van die grootste gediversifiseerde houermaatskappye in Europa, met beleggings in groot Europese en Amerikaanse ondernemings. Sy aandele word op die Mercato Telematico Azionario gelys (wat deur Borsa Italiana S.p.A. (MTA) bestuur word) en maak deel uit van die FTSE MIB-indeks, terwyl Exor se hoofkwartier in Amsterdam geleë is.[2]
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads