Frans Erasmus
Suid-Afrikaanse politikus From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
François Christiaan Erasmus (19 Januarie 1896 - 1 Julie 1967) was 'n Suid-Afrikaanse politikus van die Nasionale Party. Hy was die Minister van Verdediging van Junie 1948 tot 1959, en Minister van Justisie van 1959 tot Augustus 1961.
Hy is op Houtenbeck in die Merweville-distrik van die Kaapkolonie gebore as seun van Marthinus Frederik Erasmus en Hester Maria Jacoba Maritz.
Remove ads
Gesinslewe
Erasmus was aanvanklik getroud met Christina Wiese van Melsetter in die destydse Suid-Rhodesië. Hulle het 'n seun en 'n dogter gehad. Op 9 Januarie 1946 trou hy met Cornelia Margaretha (Corrie) Naudé van Lydenburg. Hulle het drie dogters gehad.
Loopbaan
In 1927 word hy as adjunk-prokureurgeneraal van Suidwes-Afrika aangestel. Daarna betree hy die politiek en word in 1933 tot die parlement verkies. Hy het in 1948 by D.F. Malan se kabinet aangesluit as die Minister van Verdediging. Hy word allerweë as onbevoeg beskou en was baie ongewild vanweë sy breë veranderings aan die weermag om wat hy die 'Britse invloed' genoem het, te verwyder.[1] Dit sluit in die verwydering van items soos die Red Tabs (Rooi Luise) en die aflegging of afdanking van talle Engelssprekende offisiere en die aanstelling van Afrikaners in hul plek.
Ná sy termyn as Minister van Justisie word hy aangestel as ambassadeur in Italië.
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads