Fikh

From Wikipedia, the free encyclopedia

Fikh
Remove ads

Fikh (/ fɪk /; Arabies: فقه [fiqh]) is die Islamitiese regswetenskap.[2] Sjaria word deur Moslems beskou as die Goddelike wet van die Koran en die soenna (die leringe en praktyke van die Islamitiese profeet Mohammed) en fikh is die menslike begrip van die sjaria.[3] Fikh word deur Islamitiese regsgeleerdes (oelama) uitgebrei en ontwikkel deur interpretasie (ijtihad) van die Koran en soenna. Dit word deur die beslissings (fatwa) van Islamitiese regsgeleerdes geïmplementeer.

Thumb
Regstelsels van die wêreld.[1] Islamitiese reg in groen.

Fikh behandel die nakoming van rituele, morele waardes en sosiale wetgewing in Islam. In die moderne era is daar vier prominente skole (madhab) van fikh binne die Soennitiese praktyk en twee (of drie) binne die Sjiitiese praktyk. 'n Persoon wat in die fikh opgelei is, staan as 'n faqih (meervoud fuqaha) bekend.[4]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads