Filips II van Frankryk
Koning van Frankryk van 1180 tot 1223 From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Filips II van Frankryk (21 Augustus 1165 – 14 Julie 1223), ook bekend as August(us), was van 1180 tot 1223 die koning van Frankryk.
Filips is reeds op 1 November 1179 in die afwesigheid van sy siek vader, Lodewyk VII in Reims gekroon en as medekoning aangestel. Met die dood van sy vader word hy op 18 September 1180 amptelik die koning van Frankryk. Hy trou in 1180 met Isabella van Henegouwe (1170-1190), die niggie van die Vlaamse graaf Filips van die Elzas (dogter van sy suster Margaretha), en so verwerf hy Artesië as huweliksgeskenk. Lodewyk VIII was hulle seun. Isabella sterf in 1190 en in 1193 trou hy met Ingeborg van Denemarke, wat hy kort daarna verstoot. In 1194 trou hy met Agnes van Meranië, maar die huwelik word nie deur die pous erken nie, in 1213 bevestig hy weer Ingeborg as die koningin.
Remove ads
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads