Filips II van Spanje
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Filips II van Spanje (Valladolid, 21 Mei 1527 - San Lorenzo de El Escorial, 13 September 1598) was die heerser van Kastilië, Aragon (hierdie twee lande vorm die kern van Spanje), Napels, Sisilië, die Habsburgse Nederlande en Portugal. Gedurende sy huwelik met sy tweede eggenoot Maria Tudor van Engeland, was hy ook die koning van Engeland en Ierland, en 'n aanspraakmaker op die Franse troon. Aangesien hy oor verskeie domeine geheers het, het hy 'n groot aantal titels verwerf en gebruik, maar die bekendste daarvan is Filips II, wat na sy Kastiliese koningskap verwys. Hy was die enigste seun van Keiser Karel V en Isabella van Portugal. Hy het vier maal getrou, en het agt kinders gehad.
Remove ads
In Spaans was Filips II bekend as "Filips die Verstandige" (Felipe el Prudente). Hy was die heerser van die grootste koloniale ryk in die 16e eeu, en in 1580 het hy boonop Portugal geannekseer, wat destyds die enigste ander koloniale moondheid was. Hierdeur het hy genoeg geld beskikbaar gehad om die stryd teen die islamitiese Ottomanne voort te sit, en om ook by verskeie Europese godsdienstwiste betrokke te raak. Onder sy bewind bereik Spanje die hoogtepunt van sy mag, en was die land die grootste Europese moondheid. Dit sou egter nie lank voortdeur nie, en deels as gevolg van Filips se leiding kom Spanje naby aan ekonomiese uitputting en kulturele verval in die jare na sy dood. Dit het ernstige gevolge vir Spanje se status as Europese groot moondheid gehad.
Remove ads
Bronne
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Filips II van Spanje. |
- Hierdie artikel is 'n gedeeltelike vertaling van die Nederlandse weergawe
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads