Final Cut Pro
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Final Cut Pro is ’n nie-lineêre videoredigeringstoepassing wat aanvanklik deur Macromedia Inc. en later deur Apple Inc. ontwikkel is. Die mees onlangse weergawe, Final Cut Pro X, werk op ’n Intel-gebaseerde Macintosh-rekenaars met OS X 10.6.8 of nuwer daarop. Die programmatuur laat gebruikers toe om video na ’n hardeskyf (intern of ekstern) te skryf en oor te dra, vanwaar dit geredigeer en verwerk kan word en na ’n aantal formate uitgestuur kan word. In 2011 is ’n totaal herskryfde en opnuut bedinkte nie-lineêre redigeerder deur Apple vrygestel met die laaste oorgeërfde weergawe van Final Cut Pro wat weergawe 7.0.3 was.
Sedert die vroeë 2000’s het Final Cut Pro ’n groot en groeiende gebruikersbasis ontwikkel wat hoofsaaklik uit video-entoesiaste en onafhanklike rolprentmakers bestaan het. Dit het ook vordering gemaak onder rolprent- en televisieredigeerders wat tradisioneel gebruik gemaak het van Avid Technology se Media Composer. Volgens navorsing van SCRI in 2007 het Final Cut Pro 49% van die professionele redigeringsmark in Amerika uitgemaak met Avid op 22%.[1] ’n Gepubliseerde opname deur die Amerikaanse Rolprentredigeerdersgilde in 2008 het aangedui dat 21% van hul lede van Final Cut Pro gebruik maak terwyl ander steeds op ’n Avid-stelsel van een of ander aard gewerk het.[2]
Remove ads
Groot rolprente wat met Final Cut Pro geredigeer is
- The Rules of Attraction (2002)[3]
- Full Frontal (2002)[3]
- The Ring (2002)
- Cold Mountain (2003) (Academy Award benoemde vir Beste Redigering – Walter Murch)[3]
- Intolerable Cruelty (2003)
- Open Water (2003)
- Napoleon Dynamite (2004)
- The Ladykillers (2004)
- Sky Captain and the World of Tomorrow (2004)
- Super Size Me (2004)
- Corpse Bride (2005)
- Dreamer: Inspired by a True Story (2005)
- Happy Endings (2005)
- Jarhead (2005)
- Little Manhattan (2005)
- Me and You and Everyone We Know (2005)
- 300 (2007)[3]
- Black Snake Moan (2006)
- Happy Feet (2006)
- Zodiac (2007)
- The Simpsons Movie (2007)
- No Country for Old Men (2007) (Academy Award benoemde vir Beste Redigering – Roderick Jaynes)
- Reign Over Me (2007)
- Youth Without Youth (2007)
- Balls of Fury (2007)
- Gabriel (2007)
- Enchanted (2007)
- Traitor (2008)
- Burn After Reading (2008)
- The X-Files: I Want to Believe (2008)
- The Curious Case of Benjamin Button (2008) (Academy Award benoemde vir Beste redigering - Kirk Baxter en Angus Wall)
- X-Men Origins: Wolverine (2009)
- (500) Days of Summer (2009)
- Where the Wild Things Are (2009)[3]
- A Serious Man (2009)
- Tetro (2009)
- By the People: The Election of Barack Obama (2009)
- Gamer (2009)
- Eat, Pray, Love (2010)
- True Grit (2010)
- The Social Network (2010) (Academy Award wenner vir Beste Redigering - Kirk Baxter en Angus Wall)
- The Girl with the Dragon Tattoo (2011) (Academy Award wenner vir Beste Redigering - Kirk Baxter en Angus Wall)
- Twixt (2011)
- Courageous (2011)
- John Carter (2012)
- Hemingway & Gellhorn (2012)
- Indie Game: The Movie (2012)
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads