Flapnekverkleurmannetjie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Flapnekverkleurmannetjie (Chamaeleo dilepis) is 'n verkleurmannetjie wat voorkom in die noorde van die Noord-Kaap, Noordwes, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Die reptiel is 12 tot 17 cm lank en leef in boomveld, Karoostruikveld en grasveld.
Remove ads
Voorkoms


Die reptiel het 'n groot kop, keëlvormige oë en 'n grypstert. Die volwassenes is lig tot donkergroen van kleur, dikwels met wit vlekke. Hulle kan van kleur verander. Die verkleurmannetjie vreet vlieë en ander insekte. Die prooi word met die lang, klewerige tong gevang. Sy natuurlike vyande is die voëlslang, boomslang en spookvoël.
Remove ads
Bron
- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads