Flodderbed

From Wikipedia, the free encyclopedia

Flodderbed
Remove ads

'n Flodderbed of gefluïdiseerde bed[1] bestaan uit 'n massa vaste deeltjies, 'n fynverdeelde poeier, wat in 'n vertikale houer deur 'n gas of vloeistof van die bodem af via 'n poreuse plaat of spuitstukke in beweging gehou word. Dit vergemaklik effektiewe chemiese reaksies met die gesuspendeerde vaste deeltjies.[2]

Thumb
Die beginsel van 'n flodderbed

Die gas/vastestof-flodderbed word gekenmerk deur verskeie voordele soos hoë oordragtempo's van beide hitte en massa. Dit lei tot eenvormige temperatuurgradiënte in die bed, selfs met hoogs eksotermiese of endotermiese reaksies. Praktiese toepassings van flodderbedreaktore sluit in CO2-opvang in termiese kragsentrales deur chemiese of karbonaatlusprosesse, sowel as vastebrandstofomskakeling, insluitend vergassing en verbranding van steenkool, biomassa en selfs brandstofmengsels.[2]

Die flodderbedtegnologie is die mees ekonomiese toepassing van Fischer-Tropsch sintese, wat deur SASOL is toegepas. Die Fischer-Tropsch proses lewer 'n wye spektrum van koolwaterstofprodukte, wat strek van metaan na hoërmolekulere-massa koolwaterstowwe soos die wat in hardewasse voorkom.[1]

Die flodderbedbeginsel is sedert lank in die steenkoolwassery aangewend.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads