Fornebu
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Fornebu, soms ook Fornebo, is 'n skiereilandagtige gebied tussen Lysaker en Snarøya in die munisipaliteit Bærum in die Noorse provinsie Akershus, wat aan die westelike stadsgebied van Oslo grens. Die naam is afgelei van die plaas Fornebo.
Fornebu staan veral bekend vir die gelyknamige internasionale lughawe wat vanaf 1939 tot 1998 as Oslo en Noorweë se beduidendste lughawe gedien het. Hierdie funksie word intussen deur die nuwe Gardermoen-lughawe vervul.
Remove ads
Geografie
Fornebu is tussen die Lysakerfjord en Holtekilen geleë en het 'n oorwegend residensiële karakter met talle villa's in die noorde en op die skiereiland Snarøya in die suide.
Ekonomie
Omstreeks die jaar 2000 het Fornebu se ontwikkeling tot 'n sentrum van die informasie- en telekommunikasiebedryf begin, en die ou lughawe se terminaalgebou huisves tans die kantore van 'n aantal maatskappye, waaronder IT Fornebu wat deur die Noorse staat gefinansieer word. Ook die Noorse telefoonreus Telenor het hier in September 2002 sy nuwe hoofkwartier met 6 000 werkgeleenthede geopen. Ander belangrike ondernemings in Fornebu sluit Norske Skog en Aker Solutions in, terwyl StatoilHydro van plan is om sy hoofkwartier in die najaar van 2012 na Fornebu te verskuif.
Remove ads
Kultuur en gastronomie
Fridtjof Nansen se huis Polhøgda is in die noorde van Fornebu naby Lysaker geleë. Die ou lughawe-toring in Fornebu huisves tans die koffiekroeg Café Odonata.
Sport en vermaak
Die boubedrywighede vir die nuwe sokkerstadion in Fornebu, Telenor Arena, het in 2007 begin. Dit is die tuisveld van Stabæk Fotball, en in 2010 is die Europese Uitsaai-unie (European Broadcasting Union, EBU) se sangfees Eurovision-sangfees hier gehou.
Eksterne skakels
| Wikimedia Commons bevat media in verband met Fornebu. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
