Foyle

From Wikipedia, the free encyclopedia

Foyle
Remove ads

Die Foyle-rivier (Engels: River Foyle, afgelei van die Ierse An Feabhal) is 'n rivier wat in die noordweste van die eiland Ierland deur westelike Ulster vloei, vanaf die samevloeiing van die Finn- en Mourne-riviere naby die nedersettings Lifford in die Ierse graafskap Donegal en Strabane in die Noord-Ierse graafskap Tyrone. Van hier vloei die Foyle deur Derry om in die meer Lough Foyle en uiteindelik in die Atlantiese Oseaan uit te mond. Gegewe sy grootte, is die Foyle die snelste vloeiende rivier in Europa.[1]

Thumb
Die klein boots- en jaghawe Foyle Port in die middestad van Derry, Noord-Ierland
Thumb
Peace Bridge oor die Foyle in Derry
Thumb
Uitsig oor Lough Foyle, soos gesien vanuit die suidoewer in Carrickhugh, Noord-Ierland
Kitsfeite

Die rivier, wat 'n totale lengte van 129 km (80 myl) het, skei 'n deel van die graafskap Donegal van gebiede in die Noord-Ierse graafskappe Londonderry en Tyrone. Die distrik langs die wesoewer van die Foyle in Donegal staan tradisioneel bekend as Laggan. Twee klein nedersettings, St. Johnston en Carrigans, is langs die rivieroewer geleë.

Die Foyle is gewild by watersportentoesiaste. 'n Aantal sportverenigings, wat kanovaart, seil- en roeisport beoefen, is langs die rivierloop gestig, terwyl 'n vasmeerplek vir bote en kleiner jagte, Foyle Port, langs in die middestad van Derry, net buite die kantore van die stadsraad, aangelê is. In die somermaande is waterski en jetski gewild.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads