François-René de Chateaubriand

From Wikipedia, the free encyclopedia

François-René de Chateaubriand
Remove ads

François-René, vicomte de Chateaubriand ([fʁɑ̃swa ʁəne də ʃatobʁijɑ̃]; * 4 September 1768, † 4 Julie 1848) was 'n Franse skrywer, politikus, diplomaat en geskiedkundige. Chateaubriand, wat in 'n ou adellike familie uit Bretagne gebore is, word as die grondlegger van die Romantiek in die Franse literatuur en as een van die voorste 19de eeuse skrywers in Frankryk beskou. Baie van sy romans en verhale speel in Noord-Amerika af en beeld die lewe en lotgevalle van Indiane uit, soos byvoorbeeld René, 'n werk wat deur Johann Wolfgang von Goethe se Die Leiden des jungen Werthers geïnspireer is.[1]

Thumb

François-René de Chateaubriand

Franse skrywer, politikus,
diplomaat en geskiedkundige



Gebore
4 September 1768
in Saint-Malo, Bretagne,
Frankryk


Oorlede
4 Julie 1848
in Parys, Frankryk


Literêre stroming
Romantiek


Bekende werke
Atala
Génie du christianisme
René
Mémoires d'Outre-Tombe

Chateaubriand was 'n oortuigde monargis wat in 'n tyd, toe baie intellektueles hulle van die kerk afgewend het, met sy Génie du christianisme ("Die gees van die christendom", 1802) 'n werk geskryf het waarin hy die Rooms-Katolieke geloof verdedig. Vandag word sy outobiografiese Mémoires d'outre tombe ("Lewensherinneringe van anderkant die graf"), wat tussen 1848 en 1850 postuum gepubliseer is, egter as sy belangrikste werk beskou.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads