Franse geweste
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Frankryk was sedert 1956 tot 2015 in 27 geweste (Frans: régions) verdeel, waarvan 22 geweste in die Europese deel van Frankryk (régions métropolitaines – metropolitaanse geweste) [1] en 5 oorsese geweste (régions d'outre-mer) was.[2][3] Die geweste is die hoogste vlak van gebiedsverdeling in die Franse Republiek en word verder in departemente (Frans: départements) onderverdeel. Franse geweste vorm ook min of meer natuurlike geografies gebiede en het oor die algemeen 'n eie kulturele en sosiale identiteit. Baie van die moderne geweste kom ooreen en dra die naam van die historiese Franse provinsies.

Remove ads
Hervorming en samesmelting van geweste
Die aantal geweste is amptelik op 1 Januarie 2016 tot 18 verminder, nadat 'n aantal geweste in die Europese deel saamgesmelt het.[4]

- Geweste wat saamgesmelt het
- Geweste wat onveranderd gebly het
Bretagne | |
Centre-Val de Loire | |
Korsika | |
Île-de-France | |
Pays de la Loire | |
Provence-Alpes-Côte d'Azur |
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads