GNU

From Wikipedia, the free encyclopedia

GNU
Remove ads

GNU (uitspraak: /ɡnuː/)[3][4] is 'n bedryfstelsel en versameling van rekenaarsagteware.[5][6][7][8][9][10] GNU bestaan heeltemal uit vrye sagteware,[11][12][13] waarvan die meeste onder die GNU-projek se eie Algemene Publieke Lisensie (Engels: General Public License, GPL) gelisensieer is.

Kitsfeite Ontwikkelaar, Webblad ...

"GNU" is 'n rekursiewe akroniem vir "GNU's Not Unix!" (Engels, GNU is nie Unix nie).[11][14] Die akroniem is gekies omdat die ontwerp van GNU soortgelyk is aan dié van Unix, maar van Unix verskil deurdat dit vrye sagteware is en geen Unix-bronkode bevat nie.[11][3][15]

Die GNU-projek sluit 'n bedryfstelselkern, GNU Hurd, in, wat die oorspronklike fokus van die Free Software Foundation (Engels, Vrye Sagteware-stigting; FSF) was.[11][16][17][18] Aangesien Hurd se kern nog nie produksiegereed is nie,[19] word nie-GNU-kerne, byvoorbeeld die Linux-kern, met GNU-sagteware gebruik.[20][21] Die kombinasie van GNU-sagteware met die Linux-kern is so algemeen dat dit algemeen na verwys word as slegs Linux, en minder algemeen as GNU/Linux.

Richard Stallman, stigter van die GNU-projek, beskou GNU as 'n "tegniese middel tot 'n sosiale doeleinde".[22] Lawrence Lessig skryf in sy voorwoord tot die tweede uitgawe van Stallman se boek Free software, free society dat Stallman daarin oor "die sosiale aspekte van sagteware en hoe vrye sagteware gemeenskap en sosiale geregtigheid kan skep" skryf.[23]

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads