Gary Player

From Wikipedia, the free encyclopedia

Gary Player
Remove ads

Gary Player OIG (gebore 1 November 1935) is 'n Suid-Afrikaanse professionele gholfspeler. Hy word wêreldwyd as een van die grootste spelers in die geskiedenis van gholf beskou. Player het 165 toernooie op ses kontinente oor ses dekades gewen. Hy is in 1974 ingehuldig in die World Golf Hall of Fame.

Kitsfeite Persoonlike inligting, Volle naam ...
Thumb
Player op Fancourt (naby George, Suid-Afrika) in 2008.
Thumb
Player besoek President Bush in 2005.
Thumb
Player oefen tydens die 2009-GPI in Edinburgh, Skotland.
Remove ads

Kampioenskappe

Player het meer as 160 professionele toernooie gewen, waaronder:

PGA-toeroorwinnings

24 keer:

  • 1958 Kentucky Derby Ope
  • 1959 Britse Ope
  • 1961 Lucky International Sunshine Ope, Meesterstoernooi
  • 1962 PGA Championship
  • 1963 San Diego Ope
  • 1964 “500” Festival, Pensacola Ope
  • 1965 VSA Ope
  • 1968 Britse Ope
  • 1969 Tournament of Champions
  • 1970 Greater Greensboro Ope
  • 1971 Greater Jacksonville Ope, National Airlines Open
  • 1972 New Orleans Ope, PGA Championship
  • 1973 Southern Ope
  • 1974 Meesterstoernooi, Danny Thomas-Memphis Classic
  • 1974 Britse Ope
  • 1978 Meesterstoernooi, Tournament of Champions, Houston Ope

Die groot kampioenskappe word in vetdruk aangedui.

Ander oorwinnings

Suid-Afrikaanse Toer (nou die Sunshine-toer)
73 oorwinnings tussen 1955 en 1981 waaronder:

  • Suid-Afrikaans Ope: 13 keer tussen 1956 en 1983
  • Suid-Afrikaanse Meesters: 10 keer tussen 1959 en 1976
  • PGA Kampioenskap (Suid-Afrika): 5 keer tussen 1959 en 1976

PGA-toer van Australasië
18 oorwinnings tussen 1956 en 1981 waaronder:

  • Australiese Ope: 7 keer tussen 1958 en 1974
Remove ads

Golfbaanargitek

Gary Player het talle gholfbane ontwerp, onder andere:

  • Sun City en Lost City-bane (Beide by die Gary Player Buiteklub).
  • Erinvale Golf, Somerset-Wes, Suid-Afrika.
  • Suzhou Jinji Lake International Golf Club in China.
  • The Five Nations Golf Club in België.
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads