Grant Riddles
Suid-Afrikaanse politikus From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Grant Riddles (gebore 24 Oktober 1981) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert Augustus 2016 as die uitvoerende burgemeester van die Hessequa Plaaslike Munisipaliteit dien. Hy is 'n lid van die Demokratiese Alliansie.
Remove ads
Vroeë lewe
Riddles is op 24 Oktober 1981 in Riversdale gebore. Hy het in Melkhoutfontein groot geword en aan Gerrit Du Plessis High School in Riversdale gematrikuleer. Riddles het daarna 'n rekenaartegnikuskursus by Boland Kollege voltooi sowel as verskeie kortkursusse in finansiële bestuur.[1]
Riddles was ook betrokke by die Badisa maatskaplike welsynsorganisasie en Laerskool Melkhoutfontein.[1]
Politieke loopbaan
Riddles het in 2012 lid van die Demokratiese Alliansie geword. Hy het toe in die Hessequa Plaaslike Munisipaliteit se finansies department gewerk voordat hy as die munispaliteit se uitvoerende burgemeester verkies is.[1]
Op 15 Mei 2016 het die plaaslike DA by wyse van 'n persverklaring aangekonding dat Riddles aangewys is as die party se burgmeesterskandidaat vir Hessequa in die opkomende plaaslike verkiesing in August 2016.[2] Na die plaaslike verkiesing, het die DA en die Vryheidsfront Plus 'n koalisie gevorm en Riddles is as burgemeester verkies.[3] Hy is na die 2021 munisipale verkiesing eenpraig as burgemeester herverkies.[4]
Remove ads
Persoonlike lewe
Riddles is met Leonie getroud en hulle het twee kinders. Riddles en sy familie woon in Stilbaai.[1]
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
