Groot wasmot

From Wikipedia, the free encyclopedia

Groot wasmot
Remove ads

Die groot wasmot (Galleria mellonella L.; Eng: Greater Wax Moth, Ned: Wasmot, Duits: Große Wachsmotte) is 'n insek uit die familie Pyralidae.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Binomiale naam ...

Die nagvlinder se ruspe vreet veral die was wat deur heuningbye vervaardig word en hulle lê hul eiers in die bye se korwe. Byeboere vrees hierdie insek omdat hulle die heuningkoekselle aantas en die bye daarna hierdie selle sal opgee. Hierdie insek se ruspe word egter deur mense wat byvoorbeeld verkleurmannetjies aanhou as voer gekweek. Die volwasse wasmotte vreet niks meer. Hulle vlerke is ongeveer 2,5 cm wyd.[1] Die ruspe is ook vir die mens eetbaar.[2]

Remove ads

Plastiek

Navorsing van Bombelli, Howe en Bertocchini het in 2017 getoon dat hulle ook polimere soos poliëtileen en polipropileen kan vreet. Hulle kan in 40 minute gate vreet deur 'n plastieksakkie en verteer dit na glikol (CH2OH)2.[3]

Gehoor

Hierdie mot kan uiters hoe klankfrekwensies hoor, tot 300 kHz, wat hoër is as wat hulle vyand die vlermuis kan waarneem.[4]

Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads