Grootbek-geelvis
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die grootbek-geelvis (Labeobarbus kimberleyensis) is 'n varswatervis wat voorkom in die Oranje- en Vaalrivier-stelsels in Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die largemouth yellowfish.
Remove ads
Voorkoms
Die vis is lank en silwerkleurig wanneer dit jonk is en word olyfkleurig soos hy verouder. Die vis kan tot 80 cm lank word en weeg dan 22 kg. Dit het 'n groot bek met twee paar baarde onderaan. Die wyfie word groter en leef langer as die mannetjie. Dit is die grootste van die inheemse geskubde visse in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 22,2 kg.
Habitat
Die vis leef in die Oranje- en Vaalrivieropvanggebied, is 'n roofvis en vreet klein vissies, insekte en skulpvis. Die vis groei stadig en die mannetjie bereik volwassenheid wanneer hy ses jaar oud is en die wyfie eers op agt jaar. Die wyfie lê haar eiers gedurende die somer op gruisbeddings in vinnigvloeiende riviere. Die larwes broei na 2-3 dae uit en hul begin vreet na 3 -4 dae. Hulle is 100 mm lank na twee jaar en 300 mm na vyf jaar.
Remove ads
Sien ook
Bronne
- First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. ISBN 978-1-86872-288-4
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Eksterne skakel
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads