Gyselaar
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
’n Gyselaar is iemand wat gevange geneem en aangehou word sodat hy as borg kan dien vir die nakoming van voorwaardes of die uitvoering van ’n handeling deur ’n familielid, werkgewer of regering. Daar word gewoonlik gedreig, of ’n ultimatum uitgereik, dat die gyselaar(s) leed aangedoen sal word as nog nie voor ’n vasgestelde datum aan eise voldoen is nie.

Die praktyk is antiek en het deur die Middeleeue ook voortgeduur. Daar was ook gyselaar betrokke in die vroeë tydperk van die Britse besetting van Indië en by Franse betrekkinge in Noord-Afrika.
Remove ads
Historiese praktyke

Uit die lang geskiedenis van die neem van politieke en militêre gyselaars is dit duidelik dat owerhede of generaals wettiglik gyselaars aan die ander kant sou oorhandig as waarborg vir die nakoming van verpligtinge. Dit sou wees die ondertekening van ’n vredesverdrag of ’n wapenstilstand.
Groot moondhede soos Antieke Rome en die Britse Ryk wat koloniale vasalstate gehad het sou veral baie sulke gyselaars kry, soms hoës wat goed behandel is. Die Romeine sou dikwels die seuns van prinse as gyselaars neem en hulle in Rome opvoed om hulle voortgesette lojaliteit te verseker en idees van die Romeinse beskawing by hulle in te skerp.
Remove ads
Moderne tye
Om gyselaars te neem word vandag as ’n misdaad of terrorisme beskou. Die gebruik van die woord in die sin van ’n geskaakte persoon het eers in die 1970's algemeen geraak. ’n Plofbare situasie waar gyselaars in ’n gebou of voertuig aangehou wat deur terroriste oorgeneem is, word dikwels ’n "gyselaarskrisis" genoem.
Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het in 1979 die Internasionale Konvensie teen die Neem van Gyselaars aanvaar, wat die neem van gyselaars verbied en die straf van gyselaarnemers magtig. Dit het in 1983 van krag geword en deur al die VN se lede buiten 24 bekragtig.
In sommige lande het die neem van gyselaars ’n manier geword om bloot lospryse te eis.
Remove ads
Suid-Afrikaanse gyselaars
Sommige bekende Suid-Afrikaners wat die afgelope 20 jaar as gyselaar aangehou is, is:
- Callie en Monique Strydom is op 23 April 2000 in Sipidan, Maleisië, gevang. Hulle is vier maande deur deur Aboe Sajjaf-rebelle op die eiland Jolo, Filippyne, aangehou.[1]
- Debbie Calitz en Bruno Pelizzari is in Oktober 2010 tussen Dar es Salaam en Suid-Afrika deur Somaliese seerowers gevang en meer as 20 maande aangehou.[2]
- Stephen McGown is in November 2011 deur Al-Kaïda gevang en byna ses jaar in die Saharawoestyn in Mali aangehou voordat hy in 2017 vrygelaat is.[3]
- Pierre en Yolande Korkie is in Mei 2013 in Taiz, Jemen, deur terroriste van Al-Kaïda ontvoer. Sy is agt maande later vrygelaat en het na Suid-Afrika teruggekeer terwyl Gift of the Givers probeer het om Pierre se vrylating te bewerkstellig. Pierre is egter op 6 Desember 2014 ’n paar uur voordat hy vrygelaat sou word, doodgeskiet terwyl Amerikaanse spesiale magte probeer het om hom en die Amerikaanse fotograaf Luke Somers te bevry.[4]
Verwysings
Skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
