HMS Royal Oak
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die HMS Royal Oak was 'n slagskip van die Britse Vloot tydens die Eerste- en Tweede Wêreldoorloë.
Remove ads
Geskiedenis
Hy het bekendheid verwerf tydens die Tweede Wêreldoorlog omrede hy die eerste groot verlies was wat die Britse Vloot gely het, en veral omrede hy in die beskutte Scapa Flow met 'n torpedo gekelder is deur die Duitse duikboot U-47 op 14 Oktober 1939. Hy het ook deelgeneem aan die Slag van Jutland tydens die Eerste Wêreldoorlog.
Tegniese besonderhede
Dit was een van die Revengeklas slagskepe, het 29,150 ton water verplaas en was toegerus met agt 15-duim kanonne, twaalf 6-duim kanonne, agt 4-duim lugafweerkanonne en vier torpedobuise. Vier turbines wat gesamentlik 40 000 dryfasperdekrag gelewer het, het 'n topspoed van 22 knope verseker.
Bron
- The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1979. ISBN 0-600-33111-3
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads