Handewas

From Wikipedia, the free encyclopedia

Handewas
Remove ads

Handewas, wat ook verwys na handhigiëne, is die prosedure om 'n mens se hande te reinig (skoon te maak) met die doel om grond, vet, mikro-organismes of ander ongewenste stowwe te verwyder.

Thumb
Thumb
Handewas

Handewas met seep op sekere kritieke oomblikke gedurende die dag kan voorkom dat baie siektes versprei word, byvoorbeeld diarree en cholera, wat via fekale-orale kontak oorgedra word. Mense kan ook besmet raak met asemhalingsiektes soos griep of verkoue, byvoorbeeld as hulle nie hul hande was voordat hulle hul oë, neus of mond raak nie (m.a.w. die slymvliese).

Mediese handhigiëne verwys na higiënepraktyke wat met mediese prosedures verband hou. Handewas voordat medisyne of mediese behandeling toegedien word, kan die verspreiding van siektes voorkom of verminder. Die doel van die was van hande is om die verspreiding van patogene (bakterieë, virusse of ander mikro-organismes wat siektes kan veroorsaak) te keer en chemikalieë wat skade of siektes kan veroorsaak af te was. Dit is veral belangrik vir mense wat kos hanteer of op die mediese gebied werk, maar ook 'n belangrike praktyk vir die algemene publiek.

Remove ads

Gesondheidsvoordele

Handewas hou baie gesondheidsvoordele in, insluitend die moontlike voorkoming van griep, koronavirus en ander infeksies;[1] om die aansteeklike oorsake van diarree te voorkom; verminderde lugweginfeksies;[2] en die verlaging van die baba-sterftesyfer. 'n Studie in 2013 het getoon dat verbeterde handewaspraktyke tot klein verbeterings in die groei van kinders onder vyf jaar kan lei. In ontwikkelende lande kan kindersterftesyfers wat verband hou met asemhalings- en diarree-siektes verminder word deur eenvoudige gedragsveranderinge in te voer, soos handewas met seep. Hierdie eenvoudige aksie kan die sterftesyfer weens hierdie siektes met byna 50% verlaag.[3] Ingrypings wat handewas bevorder, kan diarree-episodes met ongeveer 'n derde verminder, en dit kan verbeter word met skoon water in lae-inkomstegebiede. 48% van die afname in diarree-episodes kan geassosieer word met handewas met seep.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads