Hartversaking
Wanneer die hart nie doeltreffend genoeg pomp om die nodige bloedvloei te handhaaf nie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Hartversaking, dikwels ook kongestiewe hartversaking genoem, vind plaas wanneer die hart nie meer doeltreffend genoeg pomp om die nodige bloedvloei te handhaaf nie.[1][2][3] Tekens en simptome sluit gewoonlik kortasemheid, oormatige moegheid en beenswelling in.[4] Die kortasemheid is gewoonlik erger tydens oefening en wanneer gelê word, en die persoon kan snags wakker word daarvan.[4] Borspyn, insluitende angina, kom nie gewoonlik voor weens hartversaking nie.[5]
Remove ads
Oorsake
Algemene oorsake van hartversaking sluit in kroonslagaarsiektes (onder meer ’n vorige hartaanval), hoë bloeddruk, atriale fibrillasie, hartklepaandoening, ’n oormaat alkoholverbruik, infeksie en kardiomiopatie met ’n onbekende oorsaak.[4][6] Hulle veroorsaak hartversaking deur óf die struktuur óf die werking van die hart te verander.[4]
Daar is twee soorte hartversaking, na gelang van wat aangetas is: die vermoë van die linkerhartkamer om saam te trek of die hart se vermoë om te ontspan.[4] Die erns van die siekte word gewoonlik bepaal deur die graad van probleme met oefening.[7] Hartversaking is nie dieselfde as hartspierinfarksie (waar ’n deel van die hartspier doodgaan) of hartstilstand (waar die bloedvloei heeltemal ophou) nie.[8][9] Ander siektes wat soortgelyke simptome kan hê, is obesiteit, nierversaking, lewerprobleme, bloedarmoede en skildkiersiekte.[7]
Remove ads
Diagnose en behandeling
Die toestand word gediagnoseer deur die geskiedenis van die simptome in ag te neem en ’n fisieke ondersoek te doen wat eggokardiografie kan insluit.[10] Bloedtoetse, elektrokardiografie en borsradiografie kan ook help om die onderliggende oorsaak vas te stel.[10]
Behandeling hang af van die erns en oorsaak van die siekte.[10] In minder ernstige gevalle bestaan die behandeling gewoonlik uit leefstylaanpassings soos om op te hou rook,[11] oefening,[12] en dieetaanpassings sowel as medikasie.[11] In gevalle waar die linkerhartkamer aangetas is, word inhibeerders en blokkeerders aanbeveel.[10] In ernstige gevalle kan aldosteroonantagoniste of hidralasien met ’n nitraat gebruik word.[10] ’n Ontwateringsmiddel is nuttig teen vloeistofretensie.[11] Soms, na gelang van die oorsaak, kan ’n toestel soos ’n pasaangeër ingeplant word.[10]
As alle ander behandelings ondoeltreffend is, kan ’n hartkamerhulptoestel of hartoorplanting aanbeveel word.[11]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads