Hermafrodiet

From Wikipedia, the free encyclopedia

Hermafrodiet
Remove ads

In biologie is 'n hermafrodiet is 'n dier of plant wat tweeslagtig is en oor beide manlike en vroulike geslagsorgane beskik (of kan beskik).[1] Daar word onderskei tussen gelyktydige en afwisselende hermafrodiete. Gelyktydige hermafrodiete het op dieselfde tydstip beide geslagte, terwyl afwisselende hermafrodiete eenslagtig is, maar van geslag kan verander.

Thumb
Slakke wat paar.
Thumb
Die tweeslagtige blom van 'n tulp.
Remove ads

Plante

In die planteryk is hermafroditisme die reël eerder as 'n uitsondering: 94% van alle plantsoorte is hermafrodities en slegs 6% van 'n totaal van 250 000 plantsoorte het aparte vroulike en manlike individue. Blomme het byvoorbeeld meeldrade (manlik) sowel as 'n stamper (vroulik).

Diere

In die diereryk geld presies die omgekeerde en aparte manlike en vroulike individue is die reël. Slegs 5% - 6% van die 1,2 miljoen diersoorte is hermafrodities. Dit kom neer op ongeveer 65 000 soorte.[2] Voorbeelde hiervan is slakke en die reënwurm.

Mense

Dié term word nie meer vir mense gebruik nie. Dit word as misleidend en stigmatiserend beskou.[3] Sulke mense word deesdae intersekse[4][5] genoem.

Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads