Hermanus Steyn

President van die Republiek van Swellendam From Wikipedia, the free encyclopedia

Hermanus Steyn
Remove ads

Hermanus Steyn (1743 – 1804) was die President van die Republiek van Swellendam. Hy is in 1743 naby Bruintjiesrivier, wat destyds die grens van die Nederlandse Kaapkolonie was, gebore en gedoop. Hy trou in 1765 met Anna Margaretha van Staden. Hulle het sewe kinders gehad - drie seuns en vier dogters. Hy het op Bruintjiesfontein naby Swellendam tot 1773 saam met sy vader geboer, waar hy gou agting by sy bure afdwing. Hy stel baie belang in die Patriotbeweging aan die Kaap in die jare 1770's. In 1773 het hy na die leenplaas De Doornfontein "boven aan de Sondags Rivier onder de Camdeboo" op die destydse oosgrens getrek. In 1789 het hy na Swellendam teruggekeer en hom op die plaas Jan Harmansgat gevestig. Daar het hy gewoon tot hy in 1806 oorlede is. Sy seun Marthinus het na hom op Jan Harmansgat geboer. Toe die bewind van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie in 1795 tot 'n val kom en die Swellendamse burgers hulle eie republiek in die lewe roep, is hy as president verkies. 'n Paar maande ná die aankoms van die Britte, is daar 'n einde aan hierdie republiek gemaak.

Kitsfeite Voorafgegaan deur, Opgevolg deur ...
Remove ads

Bron

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads