Hun Sen

From Wikipedia, the free encyclopedia

Hun Sen
Remove ads

Hun Sen (Khmer: ហ៊ុន សែន; gebore op 5 Augustus 1952) is 'n Kambodjaanse politikus en voormalige militêre bevelvoerder wat tussen 1985 en 2023 die premier van Kambodja was. Hy is die langsdienende regeringshoof in Kambodja se geskiedenis. Hy is ook die president van die Kambodjaanse Volksparty (CPP), wat Kambodja sedert 1979 regeer, en 'n lid van die Nasionale Vergadering vir Kandal.

Kitsfeite Monarg, Voorafgegaan deur ...
Remove ads

Biografie

Hun Sen is op 5 Augustus 1952[1] as Hun Bunal (ook Hun Nal genoem)[2] in Peam Kaoh Sna, Kampong Cham gebore. Sy vader, Hun Neang, was 'n inwonende monnik in 'n plaaslike Wat in die Kampong Cham-provinsie voordat hy homself ontslaan het om by die Franse verset aan te sluit en in die 1940's met Hun Sen se ma, Dee Yon, te trou. Hun Neang se grootouers aan vaderskant was ryk grondeienaars van 'n Teochew Chinese-afkoms.[3][4]

Hun Neang het van sy familie se bates geërf, insluitend verskeie hektaar grond, en het 'n relatief gemaklike lewe gelei totdat 'n ontvoeringsvoorval hul familie gedwing het om baie van hul bates te verkoop. Hun Nal het sy gesin op die ouderdom van 13 verlaat om 'n kloosterskool in Phnom Penh by te woon.[5] Hy het destyds sy naam verander na Ritthi Sen of net bloot Sen; sy vorige voornaam, Nal, was dikwels 'n bynaam vir oorgewig kinders.

Remove ads

Militêre loopbaan

Nadat Lon Nol in 1970 vir Norodom Sihanouk van bewind verwyder het, het Sen sy opvoeding prysgegee om by die Khmer Rouge aan te sluit na aanleiding van Sihanouk se instruksie om by die opstand aan te sluit.[6] Sen beweer ook dat hy geïnspireer is om teen buitelandse inmenging te veg nadat sy tuisdorp Memot in Operasie Menu deur Amerikaanse vliegtuie gebombardeer is. Sen beweer hy het destyds geen politieke opinies of ideologie gehad nie.[7] Hy moes sy naam na Hun Samrach verander het om sy identiteit te verbloem.[2]

Hy het twee jaar later sy naam na Hun Sen verander en gesê dat die naam Hun Samrach ongunstig was en dat hy verskeie kere gewond is gedurende die tydperk wat hy daardie naam gehad het.[2] Sen het tydens die val van Phnom Penh geveg, beseer geword en is vir 'n geruime tyd daarna gehospitaliseer; hy het 'n permanente oogbesering opgedoen. In 1977, tydens die interne suiwerings van die Khmer Rouge-regime, het Hun Sen en sy bataljonkaders na Viëtnam gevlug. Tydens die Kambodjaans-Viëtnamese Oorlog toe Viëtnam voorberei het om Kambodja binne te val, het Hun Sen een van die leiers van die Viëtnamees-geborgde rebelleweermag geword. Hy is die geheime naam Mai Phúc deur Viëtnamese leiers gegee.

Na die nederlaag van die Khmer Rouge-regime, is Hun Sen in 1979 op die ouderdom van 26 as Adjunk Eerste Minister en Minister van Buitelandse Sake van die Viëtnamees-geïnstalleerde Volksrepubliek Kampuchea/Staat Kambodja (PRK/SOC) aangestel.

Remove ads

Eerste minister van Kambodja

In Januarie 1985 is Sen as eerste minister van Kambodja aangewys na Chan Sy se skielike afsterwe.[8]

Hy het die amp tydens die Verenigde Nasies-beheerde oorgangsowerheid in Kambodja (UNTAC) tot die 1993 VN-geborgde verkiesings, wat daartoe gelei het dat die opposisieparty FUNCINPEC die meerderheid stemme gewen het alhoewel nie genoeg setels in die parlement vir 'n meerderheid nie, beklee.[9] Hun Sen en sy party het die uitslag van die verkiesing formeel verwerp.[10] Hun Sen en Norodom Chakrapong het gedreig om sewe provinsies van Kambodja af te stig en CPP-gesteunde magte het geweld teen VN en FUNCINPEC-magte gepleeg.[11] UNTAC en FUNCINPEC het op 'n unieke magsdelingsooreenkoms saamgestem met Hun Sen wat as Tweede Eerste Minister saam met eerste Eerste Minister Norodom Ranariddh sou dien. In die 1998-verkiesing het Hun Sen se CPP 'n meerderheid in die Kambodjaanse parlement gewen en hy het toe weer die land se enkele eerste minister geword.

Na byna vier dekades in amp het Hun Sen na die 2023-verkiesing bedank en hy is deur sy seun Hun Manet opgevolg.[12]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads