Hoei

From Wikipedia, the free encyclopedia

Hoeimap
Remove ads

Hoei (Frans: Huy) is 'n klein stad in die provinsie Luik van die Franstalige gewes Wallonië (België) met 'n oppervlakte van 47,74 km² en sowat 21 000 inwoners (2011).

Kitsfeite Hoei Huy, Land ...

Die stad teen die Maasrivier is in die Middeleeue 'n belangrike handelsentrum vir wyn, tin en koperware, wat wyd bekend staan vir sy vier wonders: Li tchestia (die kasteel), Li Pontia (die brug), Li Rondia (die roosvenster) en Li Bassinia (die fontein). Die twee laasgenoemdes het behoue gebly en maak deel uit van die stad se huidige besienswaardighede.

Remove ads

Besienswaardighede

  • Die gotiese grootkerk Collégiale Notre-Dame staan bekend vir sy roosvenster met 'n deursnee van 9 meter en die pragtige koorvensters.
  • Die koperfontein Li Bassinia op die Grand' Place dateer uit die jaar 1406.
  • Die sitadel word in 1818 op die plek van die ou kasteel opgerig. Die uitkykpunt kan met 'n kabelkar bereik word.

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads