Iederies

From Wikipedia, the free encyclopedia

Iederies
Remove ads

Iederies, of Iederies ibn Jard ibn Mahlail[2] (Arabies: إدريس; Engels: Idris), was ’n antieke profeet wat in die Koran genoem word. Hy word beskou as die tweede Islamitiese profeet ná Adam en word in die Koran beskryf as "waarheidsliewend" en "geduldig",[3] en hy het ’n "hoë aansien" gekry.[4][5]

Kitsfeite

As gevolg hiervan en ander ooreenkomste word Iederies tradisioneel verbind met die Bybelse Henog,[6] seun van Mahalalel, en daarom word hy in die vroeë geslagte van Adam geplaas. Dus is hy een van die Islam se oudste profete wat in die Koran genoem word, iewers tussen Adam en Noag.[7] Iederies se unieke status[8] het baie latere tradisies en verhale oor hom in die Islam geïnspireer.

Volgens hadit het Mohammed hom op sy Nagreis in die vierde hemel teëgekom.[9]

Remove ads

Naam en familie

Die betekenis van die naam Iederies word deur sommige beskou as "tolk".[10] Islam beskou die profeet se rol as vertolkend en mistiek. Latere Islamitiese bronne (uit die 8ste eeu) het begin vertel Iederies het twee name gehad: Iederies en Henog, en ander bronne het selfs vertel Iederies se regte naam is Henog en dat hy in Arabies Iederies genoem word "vanweë sy toewyding aan die bestudering van die heilige boeke van sy voorouers Adam en Set".[11]

Iederies se vader was Jered en sy moeder Barkana. Sy vrou se naam was Aadana. Hy het ’n seun gehad met die naam Metusalag, wat eindelik die oupa van Noag sou wees. Dit beteken Iederies was Noag se oupagrootjie.[12]

Remove ads

Koran

Iederies word twee keer in die Koran genoem, waar hy beskryf word as ’n wyse man. In soera 19 sê God:

En vermeld Iederies in die Boek. Voorwaar, hy was ’n waarheidsliewende man, ’n profeet. En Ons het vir hom ’n hoë aansien gegee.[13]

Later, in soera 21, word hy weer geprys:

En Ismael en Iederies en Dhoel-Kiefil; hulle almal was tussen die geduldiges; en Ons het hulle in Ons genade opgeneem. Sekerlik, hulle was onder die weldoeners.[14]
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads